Wie is Ons
Leer meer oor ons missie en waardes
Wie is Ons
Ons Span
Ons Jeug
Omgee
Geskiedenis
Terugkerende soldate van die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) kry klein staatshuisies op akkers grond in Ferndale. Hulle kom bly tussen ambagsmanne, boere, onderwysers en entrepreneurs. In dié tyd van armoede en werkloosheid lei 3 pioniers, AJ Cruywagen, HJ Claassen en JJP Bierman die geloofsgemeenskap van Ferndale tot afstigting van NG Kerk Linden. Die nuwe NG Gemeente Ferndale – met sowat 450 lidmate en 550 kinders – word op 6 Oktober 1944 in ‘n half-voltooide kerksaal gestig. Die kerkraadsnotule getuig … “Ons glo dat die Here dit so gewil het dat daar so ‘n gemeente in Ferndale moet bestaan.”
Die geskiedenisboeke van die gemeente – wie se naam in 1958 na Randburg verander – vertel verhale van besondere seën en versorging van God wat mense oor ‘n tydperk van meer as 70 jaar in staat gestel het om met geloofsmoed die eise van die tyd te deurleef. Die gees van samewerking en liefde dra die gemeente keer op keer deur moeilike situasies. Tye van ernstige krisisse en finansiële nood word opgevolg met groei en voorspoed
Ons Visie
NG Kerk Randburg word in 1944 gestig met die ideaal om ‘n geestelike tuiste te wees vir mense wat in die stad ‘n heenkome kom vind het. Die geskiedenisboeke vertel verhale van besondere geseënde tye, uitdagings wat met geloofsmoed aangepak is en ‘n wonderlike gees van samewerking en liefde tussen lidmate. Tye van ernstige krisisse en nood word gevolg deur tye van groei en voorspoed.
Na meer as 70 jaar van lewe bly die gemeente kies om ‘n geestelike tuiste te wees vir die Christus-gelowige wat in die 21ste eeu in die stad werk en leef. Hierdie gemeente van God wil Sy kinders help groei in geloof, in liefde aan mekaar behoort en mekaar en Sy wêreld met seën dien.
Simboliek
Die besondere merkteken van die gemeente is in 2017 ontwerp deur Tessa Dreyer. Dit weerspieël die waardes van die gemeente op ‘n verbeeldingryke manier.
Hart:
Dit is waar alles begin … God maak in Sy hart plek vir ons … ons bind ons met die hart aan mekaar … en ons kry ‘n hart vir die wêreld.
Kleure:
Rooi is die kleur van die hart – liefde en vuur. Pers verwys na Jesus se kruisoffer en geel dui op vreugde. Groen wys op groei en blou is die kleur van konings en mag.
Gebedstyd
Blare:
Van ‘n lewenskragtige boom wat in verskillende rigtings groei wys op die onkeerbaarheid van God se werk wat oor grense beur en gaan waar dit wil.
Aarde:
Die ronde swart sirkel vertel dat ons kerk binne in die wêreld is
Mense:
Uitgestrekte hande (lof aan God) vat aan mekaar (behoort in liefde) en hulle voete breek deur die swart lyne (diens in die wêreld).