Nuwe Lidmate

Welkom by NG Kerk Randburg

Ons is so bly jy/julle vandag op ons webblad kom inloer het! Miskien gaan hierdie gemeente jou/julle nuwe geestelike tuiste word – en dit maak ons opgewonde. Elke nuwe lidmaat is vir ons kosbaar, en ons wil dit vir jou so maklik en lekker moontlik maak om tuis te voel.

Wat jy kan doen:

Vul gerus die Aanmeldingsvorm in, sodat ons vinnig kan kontak maak en ’n besoek kan reël met ons leraar, Dr Liesl Nickols. By dié besoek ontvang jy ook ’n spesiale Nuwe Lidmate Pakket.

Jy kan ook sommer reeds die Aanvra van Lidmaatskap voltooi. Dis nie verpligtend nie, maar dit maak die proses net makliker.

Stuur die vorms terug via e-pos: ngrburg@mweb.co.za.

Lidmaatwees beteken jy kry nie net die voorreg om deel van ’n geloofsfamilie te wees nie, maar jy word ook deel van die verantwoordelikheid om saam met ons God se Koninkryk te bou. Ons glo dit gaan vir jou/julle ’n geseënde en vreugdevolle ervaring wees.

Moet asseblief nie huiwer om enige van die kontaknommers op ons webblad te gebruik as jy vrae het nie. Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie!

Volgende Stappe

Laai die belangrike dokumente af

Lidmate Besonderhede

Lidmate Aanmeld