Die besondere merkteken van die gemeente is in 2017 ontwerp deur Tessa Dreyer. Dit weerspieël die waardes van die gemeente op ‘n verbeeldingryke manier.

Hart: Dit is waar alles begin … God maak in Sy hart plek vir ons … ons bind ons met die hart aan mekaar … en ons kry ‘n hart vir die wêreld.

Aarde: Die ronde swart sirkel vertel dat ons kerk binne in die wêreld is.

Kleure: Rooi is die kleur van die hart – liefde en vuur. Pers verwys na Jesus se kruisoffer en geel dui op vreugde. Groen wys op groei en blou is die kleur van konings en mag.

Blare van ‘n lewenskragtige boom wat in verskillende rigtings groei wys op die onkeerbaarheid van God se werk wat oor grense beur en gaan waar dit wil.

Mense: Uitgestrekte hande (lof aan God) vat aan mekaar (behoort in liefde) en hulle voete breek deur die swart lyne (diens in die wêreld). Dit alles dui op die manier waarop Christene met die wonderlike liefde van God in Sy kerk en die wye wêreld kan leef en bly werk.

Randburg NG Kerk_logo 512x512pix